# Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys veroordeel ‘n boelievoorval in die Buffalo City-distrik waarin twee leerders van Hoërskool Cambridge betrokke was. Die departement se woordvoereder, Mali Mtima, sê ‘n video wat wyd versprei is op sosiale media, wys hoe ‘n seun met ‘n wit skoolhemp die slagoffer verskeie kere aanrand en hom wurg. Mtima sê amptenare van die distrik en die skool se bestuur sal vergader om die saak dringend te ondersoek.