# Die Oos-Kaapse LUR vir Onderwys, Fundile Gade, het fase drie van die opknapwerk aan die Healdtown High School naby Fort Beaufort bekend gemaak. Die doel an die projek is om die nalatenskap van die geskiedkundige skool as instelling van kulturele en opvoedkundige uitnemendheid te bewaar en te herstel. Onder die skool se beroemde oudstudente is politici, kerkleiers, akademici, uitgewers en wyle Nelson Mandela. Gade sê fase drie sal ʼn koshuis met 700 beddens insluit:
Oos-Kaapse Onderwys-LUR onthul planne vir herstel van geskiedkundige Healdtown High School [KLANK]