# Die organiseerders van ‘n internasionale modevertoning sê hulle sien daarna uit om die naweek gasheer te wees vir ‘n Oos-Kaapse modeontwerper, Thando Piliso, by die gesogte Nook Internasionale Modeskou in Lagos, Nigerië. Hulle sê sy ontwerpfilosofie van verfrissende vernuwing en bygewerkte style het gelei tot die uitnodiging om sy ontwerpe ten toon te stel. Piliso het as ‘n selfopgeleide modeontwerper begin. Namate sy passie vir ontwerp gegroei het, het hy by die Damelin-modeskool ingeskryf, waar hy ‘n sertifikaat in mode-ontwerp en kleinhandelaankope verwerf het.