# Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het besluit om sy 128 beurshouers wat weens ‘n kontraktuele ooreenkoms tussen die twee partye nie werk kon kry nie, onvoorwaardelik te verskoon. ‘n Woordvoerder sê die departement het ook ‘n nuwe een-maand-kontrak tot einde Januarie aan die gesondheidspraktisyns gegee, insluitend 91 dokters wat reeds gemeenskapsdiens gedoen het. Hulle is deel van die meer as twee-duisend-700 gemeenskapsgesondheidswerkers wat betoog het omdat hulle hul werk sou verloor wanneer hul kontrakte op die 31ste Maart eindig.