# ‘n Man van Makhanda in die Oos-Kaap gee groot genot aan bierdrinkers met sy uniek Suid-Afrikaanse bier wat van die tradisionele Afrika umqombothi en boetiekbier gemaak is. Die eienaar van die Featherstone Brewery and Entrepid Brewing-maatskappy, William Yell, het aan News24 gesê sy idee was om ‘n produk te ontwikkel wat so eg Suid-Afrikaans is as wat kan kom. Yell vertoon sy nuwe bier, Ibhiya, vandag by die Makhanda Craft Beer Crawl. Dié jaarlikse gebeurtenis word deur sy brouery in vennootskap met Makana-toerisme aangebied.