Skip to content

Oos-Kaap kry geel vlak-twee waarskuwing vir kwaai donderstorms

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn waarskuwing uitgereik vir kwaai donderstorms in die Oos-Kaap vandag. ʼn Geel vlak-twee waarskuwing is van krag, wat dui op moontlike swaar neerslae, skadelike wind en klein hael in die noordwestelike binneland vandeesweek. Die waarskuwing volg op kwaai vloede wat gedeeltes van die O R Tambo-distrik, insluitende Koffiebaai, geraak het. Daarbenewens bestaan ʼn uiters hoё brandgevaar in dele van die Noord-Kaap en die Cederberg in die Wes-Kaap.