# Die Oranjerivier wat in vloed is, het verkeer in die suide van Namibië ontwrig waar talle paaie en laagwaterbrûe onder water is. Namibiese amptenare sê geen waarskuwing oor die vol Oranjeriver is van Suid-Afrika ontvang nie. Die land se Paaie-owerheid sê die pad tussen die myndorp Rosh Pinah en Aussenkehr in die suide is tot verdfere kennisgewing gesluit. Die owerheid monitor die situasie en sal motoriste inlig wanneer die pad weer oopgestel is.