# Swem: Oopwater-swemmers gaan die jaar op ‘n hoë noot afsluit met vandag se Marina-Myl by Marina Martinique, in Jeffriesbaai in die Oos-Kaap. ZSports se organiseerder, Michael Zoetmulder, sê hulle is baie verlig om vandag te kan swem want dit was ‘n moeilike jaar vir almal. Deelnemers kan aan ‘n dubbele myl-byeenkoms vir alle ouderdomsgroepe van ses jaar en ouer deelneem, asook items vir volwassenes, die Marina-Myl vir mans en die Marina-Myl vir vroue.