Skip to content

Onlustepolisie ontplooi in DRK-hoofstad

# Onlustepolisie is vandag in die Demokratiese Republiek die Kongo se hoofstad Kinshasa ontplooi, in die aanloop tot ‘n verbode betoging teen onlangse verkiesings. Vooraanstaande opposisiepolitici het verlede week se stemmery, wat deur ernstige vertragings en burokratiese wanorde gekenmerk is, verwerp, en aansoek gedoen om ‘n betoging te hou. Die Kongolese minister van Binnelandse Sake, Peter Kazadi, het gister gesê die regering het die betoging verbied omdat dit daarop gemik is om die verkiesingsproses te skaad. Die opposisie het nietemin ondersteuners versoek om naby die parlement in Kinshasa byeen te kom om na die hoofkwartier van die land se verkiesingskommissie op te ruk.