# Die Engelse onderwyser van Sinenjongo High School, Ntombozuko Mavikela, is die ontvanger van die 2024 Stella Clark-onderwyserstoekenning. Die toekenning is in 2006 ingestel om die nalatenskap van ‘n taalontwikkelingsdosent by die Universiteit van Kaapstad, Stella Clark te eer. Dit gee erkenning aan uitmuntende onderwysers wat hulle beste gee vir leerders in hulpbron-arm omgewings. Die vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, Mosa Moshabela, sê Mavikela is ‘n voorbeeld van ‘n toegewyde onderwyser wat haar leerders inspireer om hulle beste te doen.
Onderwyser van Sinenjongo High School ontvang die Stella Clark-toekenning vir uitmuntendheid