# Die polisie in Mpumalanga het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die teregstellingstyl-moorde op ‘n onderwyser en sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, en ‘n vriend. Hulle is met skietwonde in Sukani Trust naby Mbombela aangetref. Die motief agter die moorde bly onbekend. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê die onderwyser se sleutels en hul selfone is gevind, sowel as leë patroondoppe. Mohlala veroordeel die sinnelose moord:
Onderwyser en vriend doodgeskiet in Mpumalanga [KLANK]