Skip to content

Onderwys- en opleidingowerhede stel Groenwaterstofsentrum vir Spesialisering bekend

# Drie sektoronderwys- en opleidingsowerhede het die Groenwaterstofsentrum vir Spesialisering voorlopig bekendgestel. Die sentrum wat volgende jaar amptelik bekendgestel word, bied hibriede opleidingsprogramme aan met gespesialiseerde kursusse wat daarop gemik is om individue se opleiding op te skerp en uit te brei vir die groenwaterstof- en verwante bedrywe. Groen waterstof sal in groot aanvraag wees terwyl lande hul koolstofvrystellings verminder, veral in sektore soos vervoer en swaar nywerhede. Die waterstof-ekonomie sal na verwagting teen 2050 3,6-persent bydra tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk en 380-duisend werksgeleenthede skep.