# Ondersteuning vir demokrasie het in Afrika met sewe persentasiepunte gedaal. In Suid-Afrika het dit met 29 punte gedaal en in Mali met 23 punte. Dit is volgens ʼn nuwe Afrobarometer-peiling. Die peiling toon minder as 37-persent Afrikane glo demokrasie werk in hulle lande. Sowat 53-persent is bereid om ʼn militêre oorname te aanvaar indien gekose leiers hulle mag misbruik. Afrobarometer sê alhoewel talle lande, insluitend Suid-Afrika, demokraties en vry bly, kan die dalende openbare steun vir die stelsel probleme veroorsaak as dit nie aangespreek word nie.
Ondersteuning vir demokrasie in Suid-Afrika en Mali tans die laagste in Afrika