# ‘n Onbekende wals wat Chopin byna 200-jaar gelede gekomponeer het, is ontdek in die kluis van die Morgan-biblioteek en -museum in New York. New York Times berig ‘n kurator het afgekom op die werk op ‘n kaart met Frédéric Chopin se naam daarop geskryf. Die Poolse komponis is in 1849 op 39-jarige ouderdom dood, en nuut-ontdekte werke van hom is skaars. Sy hart word in versterkwater bewaar in ‘n kerk in Warskou. Die museum glo die musiek dateer uit tussen 1830 en 1835.
Onbekende wals van Chopin in biblioteek-kluis gevind na byna 200 jaar