Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Onaangename reuk in Kaapstad veroorsaak deur skip met beeste by hawe

# Die Stad Kaapstad het bevestig die onaangename reuk wat in die lug hang, kan toegeskryf word aan die aankoms van ‘n skip wat vee vervoer, die Al Kuwait, gisteraand by die Kaapstadse hawe. Die Stad se burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die reuk het hoofsaaklik gebiede soos Woodstock, Observatory, Groenpunt en die sakekern geraak. Die skip is geskeduleer om vanaand te vertrek. Die Kaap die Goeie Hoop DBV het intussen ‘n hofbevel verkry om ‘n inspeksie op die vaartuig uit te voer, wat tans onderweg is.