# Die omstrede Hollywood-akteur, Kevin Spacey, moet die vervaardigers van die gewilde politieke reeks, House of Cards, byna ‘n halfmiljard-rand betaal vir kontrakbreuk ná bewerings dat hy mans op die stel seksueel geteister het. Hy is in 2017 as hoofakteur afgedank nadat die bewerings bekend geraak het, en dit het tot ‘n regsgeding gelei. ‘n Bemiddelaar het Spacey met meer as 492-miljoen-rand beboet. Volgens berigte is bevind die 62-jarige Spacey het teenteistering-beleide en ander kontraktuele verpligtinge oortree.