# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid het by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoek gedoen vir die voorwaardelike likwidasie van die sukkelende KwaZulu-Natalse ontwikkelingsagentskap Ithala. Dit volg nadat die terugbetalingsadministrateur bepaal het dat Ithala tegnies en wetlik insolvent is. Die Omsigtigheidsowerheid glo die optrede is in die beste belang van die nagenoeg 257-duisend beleggers, omdat die aangestelde likwidateur insolvensie-wetgewing sal kan gebruik om hulle fondse terug te kry en te versprei. Ithala het gewaarsku hy kan sluit, wat 400 werksgeleenthede in gevaar stel.
Omsigtigheidsowerheid vra voorwaardelike likwidasie van Ithala wat in KwaZulu-Natal baseer is