Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Olimpiese Spele: SA het eerste keer in 16 jaar ‘n stoeier by die Spele

# Olimpiese Spele: Suid-Afrika sal die eerste keer in 16 jaar ‘n stoeier by die Spele hê. Steyn de Lange het vir vanjaar se byeenkoms in Parys kwalifiseer toe hy Mohamed Saadaoui van Tunisië in die 97-kilogram-afdeling in Egipte geklop het. Hy het die bronsmedalje gewen op die Junior-wêreldkampioenskap in 2021, en die volgende jaar silwer by die Statebondspele. Die vorige Suid-Afrikaanse stoeier wat meegeding het in die Spele, was Heinrich Barnes in die vryvorm liggewig in Beijing in 2008.