Skip to content

Olympiese Spele: Atleetdorp beskryf as model van lae-koolstofkonstruksie

# Olimpiese Spele: Die atlete-dorp in Parys is as ‘n model van lae-koolstofbouwerk beskryf nadat dit gister die eerste besoekers verwelkom het. Dit het nie lugversorging nodig nie, want die temperatuur binne is minstens ses grade laer as buite. Die dorp sal sowat 14-duisend-500 mense tydens die besigste tyd huisves, wat nege-duisend atlete insluit wat van volgende week aan die Spele gaan deelneem. Na die Somer- en Paralimpiese spele gaan die kompleks in huise omskep word waarvan minstens ‘n derde as openbare behuising geoormerk is.