Skip to content

Olimpiese Spele: VSA Gimnastiek appelleer teen beslissing dat Chiles van medalje gestroop word

# Olimpiese Spele: VSA Gimnastiek het by die Hof vir Bemiddeling in Sport appèl aangeteken nadat Jordan Chiles van haar bronsmedalje gestroop is wat sy in die vroue se vloer-eindronde gewen het. Dit volg nadat die hof in ‘n appèl deur Ana Barbosu van Roemenië se guns beslis het. Die hof sê Amerika se aanvanklike navraag oor Chiles se telling in die eindronde is ná die spertyd van ‘n minuut ingedien. Die beheerliggaam sê hulle het video-bewyse wat toon die appèl is 13 sekondes voor die spertyd ingedien.