Skip to content

Perdesport: Verklikker in Dujardin-saak het dit gedoen om dresseersport te red

# Perdesport: Die verklikker wat gewys het hoe die Britse Olimpiese ruiter, Charlotte Dujardin, ‘n perd slaan, sê dit was om die dresseersport te red. Die 39-jarige, met ses Olimpiese medaljes, slaan in ʼn video ‘n perd herhaaldelik oor die bene. Sy het nou aan die Olimpiese Spele onttrek en is ook voorlopig geskors deur die Britse perdrysport. Volgens die vrou wat die video vrygestel het is dit nie lekker om ‘n loopbaan te kelder nie, maar dit gaan oor die mishandeling van perde wat algemeen in die sport voorkom.