Skip to content

Olimpiese Spele: Rooskrantz, Simbine dra Suid-Afrika se vlag in Parys

# Olympiese Spele: Die gimnas Caitlin Rooskrantz en die atleet Akani Simbine sal Span Suid-Afrika se vlagdraers wees in Parys, terwyl die swemmer Kat Swanepoel en naelloper Mpumelelo Mhlongo die eer kry by die Paralimpiese Spele. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komtee het onlangs die Blitsbokke en verskeie ander atlete by Span Suid-Afrika gevoeg, wat beteken 140 atlete ding mee in 19 sportsoorte. Die Spele begin op die 26ste van dié maand en die Paralimpiese Spele op die 28ste van volgende maand.