# Olimpiese Spele: Sowat 45-duisend polisielede en paramillitêre beamptes, tien-duisend soldate en 20-duisend privaat sekerheidswagte is ontplooi vir môre se openingsplegtigheid in Parys. Dit is egter net ‘n deel van die reusepoging om die parade op die Seine-rivier te beveilig wanneer ‘n Somerspele die eerste keer ooit buite ‘n stadion begin. Die hele gebied strek oor meer as ses-kilometer langs die rivier, met sowat 300-duisend toeskouers wat kaartjies gekoop het, asook duisende inwoners en toeriste in geboue met ‘n uitsig oor die verrigtinge.
Olimpiese Spele: Reusepoging om openingsplegtigheid te beveilig