Skip to content

Olimpiese Spele: Brittanje se mees bekroonde Olimpiese vrouedeelnemer onttrek aan Parys

# Olimpiese Spele: Brittanje se bekroonde Olimpiese vroue-deelnemer, Charlotte Dujardin, het aan die Spele in Parys onttrek. Dit volg ná ʼn video verskyn het waar sy blykbaar ʼn perd tydens ʼn afrigtingsessie mishandel. Die Internasionale Federasie vir Perdesport ondersoek die voorval. Die dressuur-ruiter sou Brittanje se mees bekroonde Olimpiese vrouedeelnemer in Parys word. Dujardin sê wat gebeur het, is glad nie hoe sy is nie en ook nie ʼn weerspieëling van die manier waarop sy haar perde afrig of leerlinge hanteer nie. Sy sê sy is baie skaam hieroor.