Skip to content

Olimpiese Spele: Bekroonde Britse Olimpiese vroueruiter ses maande geskors

# Olimpiese Spele: Die Internasionale Federasie vir Perdesport het Brittanje se vroueruiter met die gesamentlike meeste Olimpiese medaljes, Charlotte Dujardin, voorlopig vir ses maande geskors. Dit volg op beeldmateriaal wat wys hoe die dressage-ruiter ‘n perd verskeie kere oor sy been slaan tydens afrigting. Die 39-jarige ruiter, wat ses dressage-medaljes in Londen, Rio en Tokio verower het, het haar aan die Paryse Spele onttrek. British Equestrian sê die bewerings teen Dujardin is ernstig en die uitwerking daarvan verreikend, maar die integriteit van die sport geniet voorrang.