Skip to content

Oggenkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 November 2023:
Maroela Media:
Skryf die FAK gaan die ooblywende erfenisskatte by die Ampie Bosman-kultuur historiese museum in Lichtenburg verwyder en veilig bewaar,
dan word berig die nuwe Wes-Kaapse Referendum Party wil druk op die premier Alan Winde uitvoer om ‘n referndum te hou oor Wes-Kaapse onafhanklikheid,
en laastens skryf die blad die familie van die Britse sjirurg, Kar Hao Teoh wat in Nyanga vermoor is sê die polisie het geweier om ‘n ambulans te ontbied of die familie na veiligheid te help.
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Johannesburgse Aandelebeurs het begin handel dryf in koolstofkrediete. Die koerant skryf die markte is belangrik vir Suid-Afrika om teikens ten opsigte van die vermindering van uitlaatgasse te haal.
# En Mail en Guardian op Vrydae:
Skryf oor ‘n piramiedeskema wat sowat 2,7-miljard-rand van die deelnemers daaraan verduister het.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die munisipale staking in Tshwane het nie ‘n groot invloed gehad op die steun vir die DA in die stad nie. Die party het goed presteer in tussenverkiesings. Die politieke ontleder Dirk Kotzé sê ActionSA kan nog nie ernstig meeding nie en die EFF se steun is hoofsaaklik beperk tot Limpopo, Noordwes en Gauteng.
En tweedens skryf die koerant oor ‘n kunswerk van André de Ruyter deur die kuntenaar Helene Pretorius van Centurion.
# The Star en Pretoria News:
Skryf Gauteng het ‘n groot uitdaging met ongeregistreerde en onwettige onafhanklike skole. Meer as 70 van die instansies is reeds gesluit.
# Sowetan:
Berig oor die gevaarlikste gebiede in Gauteng vir munisipale tegnici om herstelwerk te doen en die uitwerking daarvan op verbruikers. Een tegnikus is reeds vyf keer aangeval terwyl hy besig was om te werk.
# En The Citizen:
Skryf planne om die die belastingvoordeel op mediese tariewe te skrap om die Nasionale Gesondheidsversekering te befonds kan families tot 14-duisend-rand per jaar kos.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig oor hoe hordes plunderaars op ‘n vragmotor met skape toegesak nadat dit in ‘n ongeluk buite Wolmaransstad betrokke was. Die beseerde vragmotorbestuurder Edward Setlae het met ‘n gebreekte been en brandwonde in die pad gelê, maar geen hulp ontvang nie.
En tweedens skryf die koerant die DA het die Valke versoek om bewerings van onreëlmarige optrede teen die burgemeester van Matjhabeng, Thanduxolo Khalipha te ondersoek.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met die hofsaak teen die geskorste Matie, Theuns du Toit wat op 5 Desember voortgaan. Die slagoffer van die urineringsvoorval, Babalo Ndwayana sal nou bewys moet lewer van die beweerde rassistiese opmerkings wat Du Toit gemaak het.
Dan is daar nuus oor die toiletpapierkrisis by die Newtonpark-biblioteek in Nelson Mandelabaai wat so erg geraak het dat die instansie sy deure moes sluit.
En laastens word ook berig oor die plundery van die skaapvragmotor wat in ‘n ongeluk was.
# En Cape Times:
Skryf ‘n raadslid van die Universiteit van Kaapstad, doktor Lwazi Lushaba het die geldigheid van die verslag oor die bestuursprobleme by die universiteit bevraagteken.
En berig die wangedrag van staatsamptenare het tot ‘n verlies van 1,5-miljard-rand vir die staat gelei.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig twee polisiebeamptes in Nelson Mandelabaai gaan vereer word vir die werk wat hulle agter die skerms doen.
En skryf tweedens ook oor Newtonpark se toiletpapierkrisis.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die verkeersvloei in stad gaan beïnvloed word deur die beplande opgradering van die N3.
En berig oor dwelmhandelaars wat sake doen by ‘n plaaslike rehabilitasiesentrum.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig eerstens oor die vullisstortingsterrein in Gobabis wat reeds vyf jaar gelede as onrehabiliteerbaar verklaar is. Daar vind egter steeds storting plaas en die vullis is nou al so naby as 200-meter van die naaste huise.
En tweedens skryf die koerant oor die vooruitgang by die Kombat-myn waar reeds sowat vyf-honderd mense in diens geneem is. Met die groeiplanne vir 2024 gaan die getal aansienlik styg.