Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 November 2023:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die toekoms lyk donker vir vlugtelinge wat ‘n heenkome in Suid Afrika soek. Die Departement van Binnelandse Sake wil die Wet op Vlugtelinge, Die Immigrasiewet en die Wet op Burgerskap hersien en die regte van vlugtelinge inkort.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig oor die bedrogsaak teen vier voormalige senior personeellede van die Universiteit van Johannesburg wat reeds sedert 2017 sloer. ‘n Voormalige raadsoorsitter, professor Roy Marcus, ‘n visekansellier van Finansies, Jaco van Schoor, Andrea Spilhouse en Colin Hundermark word daarvan beskuldig dat hulle 14-miljoen-rand verduister het.
Tweedens skryf die koerant oor die nuwe Mnr. Suid-Afrika, die 29-jarige Tiaan Massyn. Hy is ‘n oogkundige van Centurion.
En laastens word berig die ANC het ontken dat sy sekretaris-generaal, Fikile Mbalula die skuld vir beurtkrag voor die deur van internasionale skenkings vir skoner energie gelê het.
# The Star en Pretoria News:
Skryf ook die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê die regering moet die verskillende vlugtelingswette heeltemal herskryf om die nuwe uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, die hoof te bied.
# Sowetan:
Onthul vandag hoe ‘n familie na bewering saamgesweer het om Eskom uit miljoene rand te bedrieg deur vervalste elektriese koepons te verkoop. Die vrou van die vermeende swendelaar besit na bewering 27 eiendomme en ses motorvoertuie.
# En The Citizen:
Skryf oor die nuwe rasreëls wat deur die ANC ingestel is sodat wit boere nie na Europa en Brittanje mag uitvoerindien hulle nie aan swartbemagtigingsvereistes voldoen nie.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die moordverhoor van Linda van den Heever bein vandag in Welkom begin. Sy het bewering haar eksman, die prokureur André van den Heever in 2021 doodgeskiet.
En tweedens skryf die koerant ook oor die ANC se ontkenning van Mbalula se uitlatings.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met die massa-optrede ter ondersteuning van die Palestynse saak in Kaapstad die naweek. Die opmars het aanvaklik vreedsaam verloop maar daarna is ‘n Israelse gebedsbyeenkoms in Seepunt ontwrig en die polisie moes skokgranate en ‘n waterkanon gebruik om die Palestynse betogers te beheer.
# En Cape Times:
Skryf die student van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie wat na bewering op die kampus deur haar man aangeval is, sterk goed aan.
En berig die polisie stel ondersoek in nadat sewe seuns tussen 10- en 13-jaar na bewering drie tienjarige meisies verkrag het.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die bewerings dat Nelson Mandelabaai se bedryfshoof, Christopher Dyani gejok het oor sy vorige salaris en betrekking word deur die Valke ondersoek.
En skryf slegs vyf van die 49 vullistrokke van die Nelson Mandelabaai-metro is in diens en dit kos die metro 60-miljoen-rand om die stad skoon te hou.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf Karpowership is gereed om 450 megawatt aan Richardsbaai te voorsien.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig drie Yslanders wat by die Fishrot-skandaal betrek word, het glo hul inkomstebelastingverklarings vervals.
En tweedens skryf die koerant die Nambiese Private Praktisynsforum sê lede van mediese fondse en gesondheidsdiensverskaffers geniet geen gereguleerde beskerming teen fondse se optrede nie.
Oggendkoerant-verslag