Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 November 2021:
NASIONAAL:
# Business Day:
Skryf oor die Heineken-Distell-saketransaksie. Die koerant berig Heineken sien die sowat 40-miljard-rand wat hy aanbied om Distell te koop as sy toetrede tot die Afrika-mark.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig oor die voorval by die Misty Hills Lodge-gastehuis in Muldersdrift toe Len Cloete tydens ʼn onderonsie glo ʼn polisiebeampte se wapen gegryp het en daarna deur een van die beamptes in die kop geskiet is. Hy
Dan skryf die koerant oor Nadya en Wayne Johnston wat Sondag die 68-jarige Anita Steyn in Hartebeespoort te hulp gesel het nadat sy agt keer met ʼn mes gesteek is. Steyn het met haar fiets gery toe sy aangeval is.
En laastens is daar ʼn beriggie oor ʼn rekord-hoë Amerikaanse petrolprys. Dit is 18-rand-80-sent per liter – steeds laer as Suid-Afrika se 19-rand-32-sent.
# Pretoria News:
Skryf die EFF het sy lede gewaarsku dat hulle eers van die party toestemming moet verkry voordat hulle as ampsdraers van ʼn munisipaliteit ingestem mag word.
# The Star:
Berig onder meer die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat stel ondersoek in na die voorval in Muldersdrift waartydens Len Cloete geskiet is.
# Sowetan:
Skryf die ma van Flavio Hlanbangane,die man wat in hegtenis geneem is nadat liggaamsdele in sy yskas gevind is, is geskok dat haar skrander stil seun by soiets betrokke is. Hy het gister in die Protea Landdroshof in Soweto verskyn.
# En The Citizen:
Lei met die hoofopskrif: “UGLY ROW OVER BEAUTY QUEEN”. Volgens die koerant ontaard die gestryery oor Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane se deelname aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel, nou in politiekery.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig oor die skulderkenning en vonnis van Suretha Brits van Pofadder vir die moord op haar man Leon. Die koerant skryf jare se beweerde mishandeling het tot die moord gelei.
Dan skryf die koerant oor die getuienis van Robbie Horner oor die gebeure die nag wat sy seun Brendan naby Paul Roux vermoor is.
En laastens is daar ʼn berig oor die hittegolf wat die week vir die binneland voorspel word.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met die nuus dat die haatspraaksaak teen die Springbok Eben Etzebeth nie van die baan is nie. Die Mensregtekommissie sê hy moet steeds voor die Gelykheidshof verskyn.
Dan word berig oor die nuutverkose burgemeester van Laingsburg, Mitchell Smith van die Patriotic Alliance, wat self erken het dat hy nie veel weet van sy nuwe pos nie.
En laastens skryf die koerant verskeie groepe het ʼn beroep gedoen dat Mej. Suid-Suid-Afrika nie vir politieke doeleindes geboelie moet word nie.
# Cape Times:
Skryf die Mej. SA-organisasie swyg steeds oor oproepe om die Mej. Heelal-kompetisie te boikot en berig ook oor die polisie wat glo Len Cloete by die Misty Hills Lodge-gastehuis geskiet het.
# En Cape Argus:
Berig Sassa loop onder kritiek deur vir die lang rye bejaardes wat soms van 4-uur soggens in wind en weer moet toustaan vir hul toelaes. Dit word as ʼn vergryp van menseregte bestempel.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Skryf die koalisiesamesprekings in die Baai word nou op die spits gedryf en berig dit het aan die lig gekom daar is te min skole in Gqeberha wat na leerders met spesiale behoeftes omsien.
# En Daily Dispatch in Oos-Londen:
Berig die LUR vir Gesondheid, Nomakhosazana Meth sê sy is gelukkig met die voortdurende afname in die aantal aktiewe Covid-19-gevalle in die Oos-Kaap. Dan skryf die koerant oor ‘n prokureur wat skuldig bevind is aan verkragting, en die goeie nuusstorie van die petroljoggie wat ‘n regsgraad verwerf het.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Lei met die hoofopskrif: “I WANT JUSTICE FOR MY WIFE”. Die berig handel oor die Mensregtekommissie se ondersoek na die Julie-onluste. Die koerant skryf oor skokverhale van magsmisbruik deur sekuriteitsbeamptes wat aan die lig kom.
# En Daily News in Durban:
Skryf ook oor die ondersoek na die Julie-opstande in die provinsie. Daar is gister in getuienis aangevoer dat onskuldige toeskouers verkeerdelik as plunderaars aangesien is.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die wêreld se tweede grootste brouer, Heineken bied miljarde rand aan om die meerderheidsaandeelhouer in Namibia Breweries te word.
En skryf die man wat die fietsryer Christopher Bean in die Okahandja-distrik omgery en daarna weggejaag het, het glo aan die verkeerde kant van die pad gery. Bean word vandag geopereer.