Skip to content

Oekraïne mik na die vernietiging van soveel as moontlik van die Russiese oorlogspotensiaal

# Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, sê die hooftaak in sy verdedigingsoperasies is om soveel as moontlik van die Russiese oorlogspotensiaal te vernietig en maksimum teen-offensiewe operasies uit te voer. Oekraïnse magte het twee weke gelede ‘n verrassingsaanval in Kursk van stapel gestuur. Zelensky sê die inval in Kursk is om ‘n buffersone te skep en oorgrensaanvalle deur Russiese magte te verhoed. Hy voeg by alles wat gedoen word om verliese aan Moskou, sy ekonomie en sy militêre-vervaardigingsbedryf toe te dien, help om te keer dat die oorlog uitbrei.