# Die Amerikaanse president Joe Biden, het sy landgenote beloof dat sy nuwe tweeparty-infrastruktuur-wetgewing lewens sal verbeter en die land se ekonomie ‘n hupstoot gee. Hy het die wet gister onderteken. Biden sê die wetgewing is ‘n geskiedkundige stap in infrastruktuurbelegging om die land se paaie en brûe te herbou, skoon water te lewer en hoëspoed-internet te verskaf. Dit het ook ten doel om die kragnetwerk te moderniseer, en die oorgang na ‘n groen ekonomie te bewerkstellig. Biden voeg by dit is ‘n reuse stap vorentoe om die nasie weer op te bou.