Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Nuwe voertuigverkope daal verder in Maart

# Voertuigverkope het in Maart vanjaar weer gedaal. Die Automotive Business Council, naamsa, blameer die kleiner sake-omgewing wat vererger word deur ‘n swak verbruikersvraag. Verkope van binnelandse nuwe voertuie het met 11,7-persent gedaal in vergelyking met Maart verlede jaar. Uitvoerverkope het ‘n afname van 27,1-persent aangeteken. Die mark vir nuwe passasiersmotors het met 15,9-persent gedaal. Binnelandse verkope van nuwe ligte handelsvoertuie, bakkies en minibusse het met net 4,3-persent gedaal.