# ‘n Nuwe bemarkingsvereniging vir boere, die Internasionale Varsproduktevereniging, het die Vereniging van Produk-bemarking van Suid-Afrika vervang. Die bestuurder van die nuwe organisasie, Leanne Jones, sê hulle verteenwoordig alle afdelings van wêreldwye varsprodukte en die verskaffers van blomme en is nie net ‘n kombinasie van die twee verenigings nie. Jones sê sy is opgewonde oor die nuwe vereniging. Dit het ‘n sterk internasionale fokus en lede in Suid-Afrika het nou meer geleenthede om wêreldwyd met maatskappye te skakel.