# Mpho Phalatse van die DA sê sy voel geëerd om die eerste vroue-burgemeester van die Stad Johannesburg te wees. Sy het met 144 stemme gewen terwyl Mpho Moerane van die ANC 121 stemme gekry het. Phalatse is sedert 2016 ‘n raadslid. Sy sê die Stad Johannesburg word deur dienslewerings-agterstande en -uitdagings in die gesig gestaar en haar werk is nou om die glans na die stad van goud terug te bring:
Speel klankgreep: ENG PhalatseOnServiceDelivery
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, wat hom van die wedloop vir die burgmeesterskap van die Stad Johannesburg onttrek het, sê intussen hulle is nie in ‘n koalisie met die DA nie, maar hulle was vasberade om die ANC uit die kussings te lig:
Speel klankgreep: ENG MashabaOnANC