Skip to content

Nuwe belastingmaatreëls vir Chinese aanlyn mode-platforms verwelkom deur plaaslike bedryf

# Die Nasionale Klerekleinhandelsfederasie en die klere- en tekstielwerkersvakbond van Suider-Afrika verwelkom die regering se opskorting van die invoerbelasting wat Chinese kitsmode-reuse Shein en Temu bevoordeel het. Van 1 Julie af sal pakkies van minder as 500-rand van Chinese kleinhandelaars met 45-persent belas word, plus belasting op toegevoegde waarde. Die uitvoerende direkteur van die federasie Michael Lawrence, sê dis te danke aan hulle pogings die afgelope twee jaar. Hy vra ook die Inkomstediens om stappe toe doen teen heffingsvrye geskenkskuiwergate.