# Die nuutverkose burgemeester van die Stad Tshwane, Randall Williams, sê politieke partye behoort hul verskille opsy te skuif om bevredigende diens aan inwoners te lewer. Hy is gister onbestrede verkies nadat die ANC nie ‘n kandidaat voorgestel het nie. Williams sê om Tshwane optimaal te laat funksioneer, moet ‘n omgewing in die raad geskep word wat bevorderlik is vir verhoogde werksaamheid en doeltreffende administrasie.