# Die ampstermyne van ‘n Mpumalanga-munisipaliteit se nuutverkose burgemeester en speaker is dalk van korte duur. Johan Mkhatshwa en Siphiwe Mashele was nie die keuse van die ANC vir die posisies in die Nkomazi plaaslike munisipaliteit nie, en hulle is voor die verkiesing aangesê om nie hul benoemings te aanvaar nie. Die ANC sê Mkhatshwa het sy onderhoud vir die burgemeesterskandidaat gedruip en hulle wil ook nie vir Mashele in die pos hê nie. Die party se waarnemende provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, sê die twee van hulle en alle ANC-raadslede wat hul benoemings ondersteun het, mag gedwing word om hul optrede reg te stel.