# Die Universiteit van Kaapstad sê vanjaar se Nuut Gekwalifiseerde Onderwysers Projek-groep het uit hul gemaksones getree en hul klaskamers betree om loopbane in skole regdeur die land te begin. Die projek is ‘n inisiatief van die universiteit se Skool vir Onderwys en bied noodsaaklike ondersteuning aan jong onderwysers wat die klaskamer vir die eerste keer betree het. ‘n Geografie- en Lewensoriëntering-onderwyser by die Darul Arqam Islamic High School, Abdul-Malik Majiet, sê die hoogtepunt van sy eerste onderwysjaar was sy graad-tien klas wat ‘n 100-persent slaagsyfer behaal het vir twee opeenvolgende kwartale.
Nuut-gekwalifiseerde onderwysers voltooi uitdagende eerste onderrigjaar