NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 16 November 7:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Mango sakereddingspraktisyn Sipho Sono sê dit sal tyd neem om ‘n belegger vir die lugdiens te bekom. Die lae-koste lugdiens wat deur die regering besit word en ‘n filiaal van SAA is, is in Julie in sakeredding geplaas
# Die Automobiel Assosiasie sê die Padverkeersbestuursagentskap se beëindiging van sy voormalige uitvoerende hoof se kontrak, laat ernstige vrae ontstaan oor die toekoms van AARTO
# En, Suid-Afrika is volgende jaar een van die bestemmings van die langverwagte Justin Bieber-wêreldtoer. Hy gaan op 28 September in Kaapstad en op een Oktober in Johannesburg as deel van die Justice World-toer optree
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………