NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 15 November 7:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal vandag sy eerste sitting hou in sy nasionale ondersoek na die Julie-onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng. Eiendom is tydens die onrus geplunder of beskadig en meer as 300 mense is dood weens die geweld wat uitgebreek het
# Die DA in Gauteng het skerp kritiek uitgespreek teen die provinsiale departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning se groter besteding aan korporatiewe geskenke
# En, die president van COP26, Alok Sharma, het die wysigings verdedig wat aan die oorspronklike bewoording van die Glasgow-klimaatsverdrag aangebring is oor die uitskakeling van steenkool. Dit volg nadat die lande slegs ingestem het om minder steenkool te gebruik in plaas daarvan om dit uit te faseer
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………