NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 7:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Parlementslede bespreek vandag en môre president Cyril Ramaphosa se staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Die president se toespraak verlede week het gemengde reaksie uitgelok by politieke partye, ekonome en vakbonde
# ActionSA se leier Herman Mashaba sê sy party is op koers om die politieke alternatief te word waarna Suid-Afrikaners so smag. Die party sê hulle moet ná die provinsiale en nasionale verkiesing in 2024 die land se tweede grootste party naas die ANC wees
# En gholf, Alexander Knappe van Duitsland het in die laaste ronde van die Dimension Data Pro-Am op Fancourt in die Wes-Kaap vier-onder 68 aangeteken om die Suid-Afrikaner, Dean Burmester, met een hou te klop
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………