NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 9 Februarie 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Algemene Balieraad sê hy het talle versoeke ontvang dat advokaat Dali Mpofu uit die Regterlike Dienskommissie verwyder word. Dit volg na sy optrede tydens onderhoude met kandidate vir die pos as hoofregter
# Eskom sê hy gaan alles in sy vermoë doen om beurtkrag te vermy tydens die staatsrede. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting sy staatsrede Donderdag in die Kaapstadse stadsaal lewer
# En, Vodacom sê hy gaan appelleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing oor vergoeding aan Nkosana Makate wat die “Please Call Me”-funksie geskep het. Regter Wendy Hughes het bevind Makate is geregtig op vyf-persent van die totale inkomste wat die produk tussen Maart 2001 en Maart 2021 verdien het
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………