NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, het die staatskapingsverslag verwelkom. Hy sê dit bevestig die Nugent-kommissie se bevindings dat daar ‘n doelbewuste aftakeling was van die inkomstediens se vermoë om te bestuur en belasting in te vorder
# Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het beveel dat oningeënte mense in hegtenis geneem word as hulle tuisbly-voorskrifte ignoreer. Die maatreëls is gemik op die bekamping van koronavirus-gevalle wat weens die Omikron-variant die hoogte inskiet
# En krieket, die toetsreeks tussen Suid-Afrika en Indië sal in die derde en laaste kragmeting beslis word. Die laaste toets begin Dinsdag op Nuweland in Kaapstad
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………