NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 22 November 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die minister van Gesondheid Joe Phaahla moedig Suid-Afrikaners aan om teen Covid-19 ingeënt te word voordat die verwagte vierde vlaag toeslaan. In ‘n onderhoud met eNCA, sê hy die huidige lae getalle en min inentings is kommerwekkend
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê hy is bekommerd oor die presidensie se gebrek aan gereelde skakeling met die media. Die forum sê toe president Cyril Ramaphosa aan bewind gekom het, het hulle voorgestel daar behoort elke kwartaal ‘n ontmoeting met die media wees
# En, die Duitse tennisspeler Alexander Zverev het sy tweede ATP-Jaareindtoernooi-titel gewen toe hy die Rus Daniil Medvedev in Turyn, Italië in 75 minute verslaan het
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………