NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 15 November 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die ANC het die regering se besluit verwelkom om sy steun vir Mejuffrou Suid-Afrika se deelname aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie volgende maand te onttrek. Dit volg ná negatiewe reaksie op die geleentheid wat in Israel aangebied word
# Ontevrede lede van ActionSA sê hulle is gebruik deur die president, Herman Mashaba, en deur ActionSA as ‘n party. Hulle het die People’s Dialogue begin en met die organisasie saambeweeg totdat dit in die ActionSA-party ontwikkel het
# En, Britse teenterreur-beamptes het drie mense in hegtenis geneem ná ‘n voertuigontploffing buite die Vrouehospitaal in Liverpool in die noorde van Engeland. ‘n Passasier in die voertuig is dood en die bestuurder is beseer
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………