NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# President Cyril Ramaphosa sê hy het geen regstreekse en spesifieke besonderhede oor die beweerde misbruik van staatsgeld vir die party se politieke doeleindes nie. Hy sê sedert hy president geword het, het hy ‘n aantal stappe gedoen om die misbruik van openbare fondse te beëindig
# Die DA sê die Padongelukkefonds is ‘n sinkende skip. Die fonds het ‘n dringende aansoek in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die Ouditeur-generaal te keer om sy verslag vry te stel en in die Parlement ter tafel te lê. Die oudit het bevind die fonds se laste is meer as 361-miljard-rand
# En, president Joe Biden sê hy het dit duidelik aan die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky gestel dat Amerika vinnig en beslissend sal optree teen enige verdere aggressie van Rusland. Die Withuis sê die twee leiers het gister meer as ‘n uur oor die foon gepraat
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………