NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 10 Februarie 6:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê Suid-Afrikaners wil nie meer net beloftes hê nie en soek ware leierskap en meer aanspreeklikheid van president Cyril Ramaphosa. Silke sê die land beleef ‘n aantal uitdagings en almal raak Ramaphosa se geloofwaardigheid
# Die minister van Polisie, Bheki Cele, gaan vanmiddag wetstoepassers toespreek voor vanaand se staatsrede in Kaapstad. Hy gaan met alle lede praat wat ontplooi word om veiligheid en sekerheid tydens die geleentheid te verseker
# En, die DA vra skooldae moet met ‘n uur verleng word as deel van die herstelplan om leerders in staat te stel om in te haal met die kurrikulum. Die DA se woordvoerder, Baxolile Nodada, sê dit is belangrik om moontlik afgetrede onderwysers in te bring om ekstra lesse ná skool en oor naweke aan te bied
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………