NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 5:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet oftewel CASAC sê die Regterlike Dienskommissie verstaan sy rol in die hoofregter-onderhoudsproses verkeerd. Die kommissie sê hy sal Mandisa Maya van die Appèlhof vir die pos aanbeveel
# Eskom sê hy kon nege opwekkingseenhede weer in werking stel, wat daartoe gelei het dat beurtkrag gisteraand opgehef is. Die kragvoorsiener sê die beurtkrag het gehelp om noodreserwes aan te vul vir die week wat voorlê
# En krieket, danksy ‘n kliniese vertoning deur die Proteas se vrouespan op die Wanderers in Johannesburg, kon hulle die vierde en laaste eendag-wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande met ses paaltjies wen, en sodoende ‘n reeksoorwinning behaal
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………