NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 23 November 5:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Johannesburgse Stadsraad het Mpho Phalatse van die DA as burgemeester verkies, terwyl Tania Campbell ook van dié party die burgemeesterketting in Ekurhuleni gaan dra
# Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal vandag AfriForum se dringende aansoek aanhoor, om die wettigheid te bepaal van die besluit om mediese parool aan oudpresident Jacob Zuma toe te staan
# En, die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê hy gaan begin om data te ontleed om die veiligheid en doeltreffendheid van ‘n derde Pfizer-dosis te bepaal
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………