NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 November 5:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die 130-miljard-rand finansiering wat ontwikkelde lande tydens die COP26-klimaatberaad aan Suid-Afrika gebied het was ‘n aanbod, en nie ‘n ooreenkoms nie. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het aan LP’s gesê die geld sal nie vir Eskom se skuld van 450-miljard-rand gebruik word nie
# ‘n Maatskappy-eienaar word daarvan beskuldig dat hy meer as ‘n duisend ID-nommers gebruik het om die Werkloosheidsversekeringsfonds se tydelike hulpverleningskema met meer as 100-miljoen-rand te bedrieg. Die maatskappy-eienaar het na bewering meer as ses-duisend eise ingedien vir werknemers wat nie bestaan nie
# En, die Suid-Afrikaanse direkteur van rugby, Rassie Erasmus, is vir twee maande uit alle rugby-aktiwiteite geskors, nadat hy skuldig bevind is op al ses aanklagte wat teen hom gelê is
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………