NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 14 Februarie 5:30 vm
Goeiemôre, hier is jou Nuus-hooftrekke om ………
# Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het ‘n onafhanklike spesialis-ingenieurspan aangestel om die skade te bepaal wat verlede maand deur ‘n brand aan die parlementêre geboue aangerig is. Zandile Mafe word daarvan beskuldig dat hy na bewering die parlement aan die brand gesteek het
# AfriForum sê dis kommerwekkend dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, wat al meer as vyf jaar hangende is, nou weer ter tafel gelê word. Die wetsontwerp stel ’n aantal veranderings voor aan die regulasies in skole, insluitend leerderbywoning en voorwaardes waaronder alkohol op skoolpersele verkoop mag word
# En, die Gautengse provinsiale regering het nege senior amptenare as ‘n voorsorgmaatreël geskors, nadat hulle in ‘n verslag deur die Spesiale Ondersoekeenheid geïmpliseer is. Die verslag het ernstige onreëlmatighede ontbloot, in die toekenning van tenders vir die opknapping van die Anglo Gold Ashanti-hospitaal aan die Wes-Rand
Bly ingeskakel op ………. Jou volgende bulletin volg om ………